Modulekode | VKK 321 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Visuele en virtuele ruimtes Die kritiese dekodering van kultureel gekodeerde idees en ideologieë in die konstruksie van ruimte, plek en kuberruimte in geselekteerde modernistiese en postmodernistiese kulturele praktyke word beoog. Temas sluit in ruimtes van verbruik en vermaak soos inkopiesentrums; gender en ruimtelikheid; simboliese ruimtes; bewaking en die argitektuur van vrees. Landkuns, omgewingskuns en verwante temas word ook aangespreek. Die wyses waarop ware ruimte gevirtualiseer word deur nuwe tegnologieë; die geskiedenis en ontwikkeling van virtuele ruimtes, virtuele gemeenskappe, die kuborg en kuberpunk, sowel as posthumanisme word ondersoek met ’n spesifieke fokus op hoe beliggaming en ontliggaming visueel uitgebeeld word. |
Modulekrediete | 30.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 2 lesings per week, 1 besprekingsklas per week |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Akademiese organisasie | Visuele Kunste |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App